Nagmerrie-ondervinding toe slagoffers in trok geskiet word

Deel hierdie storie / Share this story

Nie vir sensitiewe lesers nie!

Allen Saayman het ‘n nagmerrie-ondervinding wat op 30 Desember 2022 plaasgevind het, waartydens hy en sy ma se kêrel, na wie hy as oom Trevor verwys, geskiet en beroof is, op sy Facebook-blad gedeel.

Allen, wat reeds tuis aansterk, is drie keer, in sy been, boud en arm geskiet.

Trevor is twee keer in die maag geskiet en moes ‘n urelange operasie ondergaan. Omdat hy baie skade opgedoen het, is hy onder sedasie in die intensiewesorgeenheid in ‘n hospitaal.

“Ek wil almal groot asseblief vra om te bid dat Liewe Jesus asseblief oom Trevor hier deur sal dra, sy lewe red en dat hy ten volle sal genees.”

Allen se dat Trevor besig was om hom op die Addo-pad, rigting Motherwell te leer hoe om ‘n trok te bestuur toe die ondenkbare met hulle gebeur het.

“Ons was op pad terug Uitenhage toe.”

Hulle was ongeveer 5 km voor die Uitenhage-draai toe Allen ‘n wit kar in die pad opgemerk en stadiger gery het, aangesien hy, wat nog leer om die trok te bestuur, nie die kar wou stamp nie.

“Toe ek naby die kar kom, toe ry hy voor my in en stop en toe hardloop daar swart manne by die bosse uit met pistole.”

Allen, wat gedink het hulle gaan doodgemaak word, het vinniger probeer ry.

Chaos het uitgebreek toe die mans met die vuurwapens op die trok met Allen en Trevor binne-in begin skiet en aanhou skiet.

“Nadat ek so baie raak geskiet is, kon ek nie meer ry nie. Hulle het die oom uit die trok geruk. Heeltyd geskree hulle soek geld.”

Hulle het toe vir Allen ook uit die trok forseer, beide se selfone gevat, asook Trevor se beursie, waarna hulle met die wit voertuig weggery het.

“In ons toestand het ons probeer om weer verder ry om hulp te kry, maar het op die Uitenhage-afdraai gedraai en in ‘n muur vasgery.”

Allen was van mening dat hulle steeds in Motherwell was.

“Daar het ons toe hulp gekry en die polisie en ambulanse was gebel.”

FiND iT het die polisie om kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.