‘n Nederlandse vlieërplankryer (kitesurfer) (33) is Donderdag 29 Desember 2022 in ‘n fratsongeluk te Sunrise Beach in Muizenberg, Wes-Kaap, aan sy wonde oorlede.
Na bewering het ‘n sterk wind hom geskep en oor die see, land toe gedryf.
Die man, wat aan sy vlieërplank vas was, het ernstige wonde opgedoen, aangesien die wind hom vir ongeveer 500 meter meegevoer en teen vaste strukture soos geboue vasgeslaan het.
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes van Muizenberg-polisiestasie het op ‘n klagte van ‘n “skielike sterfte” gereageer.
Met hul aankoms by Melomed Tokai-hospitaal het hulle die vlieërplankryer gevind wat dood verklaar is nadat hy ernstige wonde opgedoen het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



