Jennifer Christen Brink (33), Adonay, Nathan Marius en Tyrone Brink, onderskeidelik 6, 14, en 11 jaar oud, van Brentwood Park, is sedert 28 Desember vermis nadat hulle in ‘n wit Volvo geklim het.
Almal se selfone is afgeskakel. Dis nie bekend watter klere hulle aangehad het nie.
Jennifer staan ook bekend as Jenny, Jen of Jenna. Sy het bruin oë, blonde hare, weeg 70 kg en is 1.65 m lank. Unieke uitkenbare merke is vier oorgaatjies per oor.
Indien enigiemand weet waar die ma en haar drie kinders hulle bevind, kan hulle kontak maak met die volgende persone:
Benoni-SAPD: 011 747 0000
Familie: 064 521 1315
911 South Africa: 069 445 1870, 074 402 7542 of SMS “911” na 33903.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



