Kyk: Omgeslane boot se vissers gered

Deel hierdie storie / Share this story

André Delport het twee dae terug ‘n plasing op sosiale media gemaak dat hy dankbaar is dat hy en sy mede-vissermanne, Mathew Redinger en Martin Redinger, van die boot Let’s Go tesame met Stefan Cronje van die boot Oscon, ondanks rowwe see-toestande en golwe van meer as twee meter aangedurf het om ‘n boot wat in Cape Vidal omgeslaan het se vissermanne uit die see te red.

Die video is intussen op gewilde visserman-sosiale media-blaaie SA Skiboat and Boat fishermen en Zululand Deep-Sea Angling Asociation gedeel.

Cronje het nie gehuiwer om in die water te spring en die vissermanne na Delport se boot te neem nie.

Twee van hulle was onder die boot vasgekeer.

Cronje was die laaste was om uit die water gehaal te word.

Volgens Delport was Cronje na die insident vir ‘n hele dag buite aksie van die swem in die rowwe see-toestand.

“So glad all ended well,” het Delport gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.