‘n Man (26) is vroeër vandag deur ‘n blacktip reef shark by Shelly Beach, KwaZulu-Natal gebyt.
Mi17 National Group sê hulle het om ongeveer 09:30 inligting van ‘n haai-aanval ontvang..
Met aankoms van Mi17 se mediese personeel by Shelly Beach ski boat club het die beheertoring hulle van die aanval ingelig.
Die man was besig om te duik toe die aanval plaasgevind het. Hy het ernstige bytwonde aan sy arm opgedoen en is gestabiliseer voordat hy na ‘n plaaslike hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



