Jan-Hendrik Vos (21) van Pretoria-Noord wat sedert 16 Desember vermis was nadat hy met ‘n ambulans vervoer is, is oorlede.
Hy het op straat inmekaargesak en is deur ‘n ambulans weggeneem.
Die Facebook-blad Mense Gee Om het bevestig dat Pretoria-Wes-hospitaal laat weet het dat hy in die hospitaal oorlede is.
Hy word beskryf as ‘n spesiale mens met ‘n liefdevolle, saggeaarde persoonlikheid wat ‘n besondere liefde vir diere gehad het..
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



