Mark tuis na 64 dae in die hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

Mark Pilgrim, die bekende radio-aanbieder, is na 64 dae weer tuis.

“Na 64 dae, 7 prosedures en amper 15 kg verloor, vandag… gaan ek huis toe!
Het steeds ‘n buis wat by my kant uitkom en sal ‘n tuisverpleegster na my laat omsien terwyl ek my krag stadig opbou, maar niks klop die genesende krag van tuis wees met geliefdes, hondjies, die vars lug en tuin nie,” skryf hy op sy sosiale media.

Fase-4 longkanker is in Februarie by Mark gediagnoseer en hy is sedert Oktober in die Milpark-hospitaal waar hy verskeie prosedures ondergaan het.

Dit is die tweede keer dat Mark met kanker gediagnoseer is. Fase-3 testikulêre kanker is 33 jaar gelede by hom gediagnoseer, maar hy was vir lank ten volle in remissie.

Mark se vrou, Adrienne Watkins en hul twee dogters Tayla-Jean (12) en Alyssa (9) het hom gereeld in die hospitaal besoek. Hulle het ook Kersfees in die hospitaal gevier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.