Vermiste vrou (23) dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Portia Rambau (23) van Tshimbupfe Thondoni het op 24 Desember vermis geraak. Sy het haar huis om ongeveer 10:00 verlaat op pad na ‘n plaaslike kroeg, maar het nooit weer huis toe gegaan nie. Haar familie het haar as vermis aangemeld.

Kol. Malesela Ledwaba het bevestig dat haar liggaam tydens ‘n soektog op 28 Desember om ongeveer 10:30 met steekwonde, in bosse naby Thimbupfe Thondoni, gevind is.

Nog geen arrestasies is gemaak nie, maar polisie wil nie geslagsgebaseerde geweld as motief uitskakel nie.

Enigiemand met inligting kan die polisie onverwyld kontak.

Bron Limpopo News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.