Washu Tshihume (7) van Lamvi, Makuya Thohoyandou in Limpopo is sedert 24 Desember vermis.
Sers. Monatse Mambolo, polisiewoordvoerder, sê hy is laas die betrokke Saterdagmiddag gesien waar hy saam met ander kinders gespeel het. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie.
‘n Volskaalse soektog saam met die polisie het niks opgelewer nie.
Enigiemand met inligting van waar die seun hom bevind, kan met die ondersoekbeampte sers. Thulani Baloyi by 072 228 2680 in verbinding tree.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



