‘n Man en vrou is dood toe die motorvoertuig waarin hulle was op 26 Desember op die R38 tussen Bethal en Standerton in Mpumalanga in ‘n rivier beland her.
ER24 en ander reddingseenhede het om ongeveer 17:45 op die toneel aangekom waar hulle ‘n motorvoertuig op sy dak in die rivier gevind het.
‘n Man het op die rivierbank rondgeloop terwyl ‘n ander man op die oorkantste rivierbank gelê het. Twee vroue is laer af in die rivier gevind, met nog ‘n vrou wat in die motor was.
Paramedici het die beseerdes op die toneel begin behandel, terwyl reddingspanne die vrou in die voertuig probeer red het.
Die man wat op die rivierbank gelê het, was in ‘n kritieke toestand. Hy is ten spyte van KPR en gevorderde lewensondersteunende intervensie oorlede. Die vrou in die voertuig was ook reeds oorlede. Beide is op die toneel dood verklaar. Die ander man en twee vroue het slegs geringe beserings opgedoen.
Die omstandighede rondom die voorval is onbekend, maar owerhede was op die toneel om verdere ondersoek te doen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



