Paartjie se liggame in veld gekry – drie in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Drie vermeende verdagtes, wat ‘n gewese meisie insluit, is in hegtenis geneem vir die beweerde moorde op Kiwiet Makangeni Mokoena (35) en sy swanger vriendin Nokuphila Dladla (29).

Lt.kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, sê die drie verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 32 jaar is in hegtenis geneem vir klagtes wat wissel van drie moorde, ontvoering en huisroof. Dit blyk asof addisionele klagtes bygevoeg kan word.

Die swanger paartjie is op 15 Desember as vermis in die Vanderbijlpark-area, aangemeld. Die soektog na die vermistes het polisie gelei na drie vermeende verdagtes in Heidelberg, wat in hegtenis geneem is. Die liggame van die paartjie is Vrydag 23 Desember in ‘n oop veld in Heidelberg gevind.

Die vermeende verdagtes sal op 28 Desember in die Heidelberg-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.