Die vier kinders van een gesin wat gesterf het in die Boksburg-ontploffing en ‘n jongman wat saam met hulle was, gaan deur Foodies Funeral Dion Directors begrawe word.
Pixie Pink, Victim’s Advocate, het bevestig dat die eienaars, Dion en Dinusha Tanjan, met haar gepraat het en dat hulle die vyf oorledenes sal begrawe.
“Dinusha was in trane toe sy haar persoonlike verlies van twee kinders in 2016 en 2019 deel.”
Die vier kinders van Rosetta Brits het by oupa Bian Eales gebly, hulle was Jamel (16), Sebastian (13), Adrian (12) en Gerrie (10). Hulle was saam met ‘n vriend wat ook oorlede is, wat ook begrawe sal word.
Twee van die kinders is op die toneel dood terwyl twee ander in die hospitaal oorlede is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



