Verslaggewer van The Herald vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Yolanda Palezweni (27) ‘n verslaggewer van The Herald, in Gqeberha is vermis sedert sy nie Saterdag 24 Desember by haar bestemming in Stutterheim opgedaag het nie.

Gcobisa, haar suster het Saterdagmiddag om ongeveer 16:00 laas kontak met haar gehad.

Sy het geryloop en het vir haar suster gesê dat sy verby Makhanda beweeg waarna hulle nog nie weer van haar gehoor het nie.

Sy sou Kersdag saam met haar seun en familie in Stutterheim deurbring.

Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, word gevra om met die polisie in kontak te kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.