Tiener verdrink nadat hy van vlot val

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (17) van Hoogekraal het Donderdag 22 Desember in ‘n dam naby Outeniqua-stasie in Glentana verdrink.

Sers. Lauriane Botho, polisiewoordvoerder vir Groot-Brak-polisiestasie, sê die seun en twee van sy maats was op die dam op ‘n vlot toe sy hand gly, hy sy balans verloor en hy oor die rand in die water geval het.

Toe sy maats hom nie kon kry nie, is die NSRI en polisie na die toneel ontbied. Salomé Slinger (39), die seun se ma, is deur die polisiewoordvoerder ondersteun. Hulle sou gister sy 18de verjaarsdag gevier het.

Botha het ‘n beroep op die publiek gedoen om net op plekke te swem waar lewensredders teenwoordig is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.