Man pleeg selfdood vermoedelik uit jaloesie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Lily Pond Avenue, Gandhi’s Hill in KwaZulu-Natal het Saterdag 24 Desember glo in ‘n toestand van jaloesie sy eie lewe geneem. Reaction Unit South Africa het om ongeveer 12:20 ‘n oproep ontvang, waarna hulle na die toneel is.

Met aankoms van lede het hulle die liggaam van ‘n man in ‘n kamer langs sy bed gevind. Die man het geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Volgens sy meisie het hy die jaloerse oorledene haar gereeld van owerspel beskuldig. Saterdag het hy haar uit die kamer forseer waarna sy na die opsigter is om die deur vir haar oop te maak.

Hulle het hom gevind waar hy aan ‘n metaalbalk aan ‘n tou gehang het. Hy is losgesny en op die grond neergelê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.