Tiener (14) uit getypoel deur brander meegesleur – vermis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tiener (14) van Zimbabwe is vermis in die see nadat ‘n brander hom op Kersdag om ongeveer 17:20 vanuit ‘n getypoel by Sweaview Resorts, Beach View, Gqeberha, waar hy geswem het, oor ‘n muur die see ingetrek het.

Jonathan Tufts, adjunk-stasiebevelvoerder by Gqeberha-NSRI, ‘n reddingsboot, reddingswemmers, Coastal Water Rescue, SAPD en Oos Kaap-nooddienste het op die toneel reageer. ‘n Berig is uitgesaai na verskeie bote in die omgewing om op die uitkyk te wees vir die tiener.

Ten spyte van die soektog kon die tiener nie gevind word nie, alhoewel polisieduikers die soektog voortsit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.