Kyk: Jong drie meter luislang by ganse gesien, gevang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Southern African Rock Python, wat drie meter lank is, is Kersdag om ongeveer 09:00 op ‘n plaas in Emona, KwaZulu-Natal gevang.

Reaction Unit South Africa het ‘n oproep van die boer ontvang nadat hy die jong, vroulike slang, wat haarself reeds aan verskeie eiers gehelp het, naby sy ganse gesien het.

Andrew Douglas, van Ndlondo Reptile Park is gekontak, waarna hy uitgekom en die jong reptiel gevang het. Sy sal na ‘n meer gepaste omgewing geskuif word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.