Kyk: Video van rassevoorval op sosiale media

Deel hierdie storie / Share this story
Yusuf Abramjee het ‘n video van beweerde rassisme op Twitter gedeel wat ook wyd op sosiale media gedeel word.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die voorval het op Kersdag by die Maselspoort-vakansieoord in Bloemfontein plaasgevind.

Om ongeveer 15:00 is lede van die Glen-polisiestasie na die toneel om die klagte te ondersoek.

Met die polisiebeamptes se aankoms op die toneel was die groepe mense reeds uitmekaar. ‘n Ouer het die polisie genader en gesê dat sy twee tienerseuns, onderskeidelik 18 en 13 jaar oud, deur ‘n groep mans aangerand is toe hulle die swembad wou gebruik.

Die Glen-polisie ondersoek twee sake van aanranding en die saakdossier sal na die SSA gestuur word vir besluitneming oor vervolging.

Volgens Makhele is die vermeende verdagtes gewaarsku om op ‘n datum wat deur die hof vasgestel sal word in die Bloemfontein-landdroshof te verskyn.

Lt.genl. Motsenyane het die insident veroordeel en die versekering gegee dat dit aandag sal geniet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.