Delarize tuis vir Kersfees – operasie hopelik vroeg in Nuwejaar

Deel hierdie storie / Share this story

Delarize Stevenson (14) is by die huis vir Kersfees na sewe weke in die hospitaal met chemobehandeling.

FiND iT het voorheen oor Delarize berig nadat sy by die skool geval het en na ‘n maand uitgevind het dat sy kanker in ‘n gevorderde stadium het.

Intussen het haar ouers met fondsinsamelingsveldtogte begin om ‘n tweede mening vir ‘n operasie te kry, aangesien hulle nie net haar been wil laat afsit by haar heup om haar lewe te red nie.

Sy het intussen soveel gewig verloor, maar tans is die dokters tevrede met haar bloedtelling.

Haar afspraak vir ‘n tweede mening in die Kaap is vir 12 Januarie gemaak wat op haar verjaarsdag is. Vliegkaartjies is gereël, maar die gesin soek nog na verblyf naby die Groote Schuur-hospitaal. Vervoerreëlings sal getref word wanneer hulle eers in die Kaap is.

Die dokters by die Charlotte Maxeke-hospitaal is oortuig dat Delarize nie tot 24 Februarie kan wag vir ‘n operasie nie, aangesien hulle bang is dat die kanker kan versprei.

Kontak 083 671 1630 indien jy die familie kan bystaan met Delarize se geveg om kanker te oorwin en haar been te behou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.