

Portable North Pole – Facebook-blad het ‘n sneak peak van Kersvader geplaas wat besig is om reg te maak vir sy rit om huise regoor die wêreld te besoek.
Jy kan Kersvader se vordering en roete op die norandsanta.org blad van vandag af volg. Gaan na die NORAD Tracks Santa Facebook-blad .
Wanneer jy die blad besoek, maak seker om op die “Press Room” te klik om tegniese data van Kersvader se slee en ander belangrike vrae en inligting te kry.
Daar is selfs toegang op die blad om te sien hoe Kersvader se huis binne-in lyk.
Die aftel-horlosie wys minder as vier ure voordat jy hom oor die wêreld kan begin volg.
#NORADTracksSanta
Indien jy nie toegang tot bogenoemde het nie, kan Kersvader ook op Flightradar24.com Facebook-blad of RadarBox gevolg word.
RadarBox het reeds geplaas dat Kersvader aan Australië besoek afgelê het.
Onthou om die koekies en melk uit te sit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



