Beefmaster – Skaapboud

Deel hierdie storie / Share this story

Bestanddele:

1,5 kg skaapboud

5 takkies roosmaryn

200 g gebottelde olywe

100 g gedroogde rooi bosbessies

1 grofgekapte ui

Growwe sout en peper na smaak

Pesto-sous:

1 eetlepel korrelmosterd

1 koppie olyfolie

’n groot bossie basiliekruid

Metode:

Verhit die oond tot by 180 °C. Plaas die skaapboud in ’n oondbak. Smeer die skaapboud met ’n laag olyfolie, sout en peper. Voeg die ui, olywe, rooi bosbessies en roosmaryn by.

Bedek met tinfoelie en bak in die oond vir anderhalf uur. Plaas eenkant om te rus.

Kap die basiliekruid baie fyn. Voeg die olyfolie en korrelmosterd by. Roer goed deur.

Sny die skaapboud in skywe en bedien met die basiliekruid-en-pesto-sousmengsel bo-oor. Bedien saam met gebakte aartappels.

Kry jou vleis die feestyd by Beefmaster. Besoek Beefmaster by Carlsteinstraat 2-6, Kimberley of skakel hulle by 053 441 9168 of WhatsApp 071 354 9476.

*ADVERTENSIE

Lees ook: Jy kan jou vleis aanlyn bestel by Beefmaster