Kyk: Swartmamba in KZN gevang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Swartmamba is gisteraand in ‘n erf in Hemlock End in Trenance Park, KwaZuu-Natal gevang.

Reaction Unit South Africa het om ongeveer 19:10 ‘n oproep van die huiseienaar oor ‘n reptiel binne ‘n erf ontvang.

Met beamptes se aankoms by die woning en na met die eienaar gepraat is, was hulle oortuig dat dit ‘n swartmamba is en is Jason Arnold, ‘n professionele slangvanger, gekontak.

Arnold het die vroulike 2.2 meter lange swartmamba gevang, waarna sy na ‘n meer gepaste omgewing verskuif sal word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.