
Volgens Arrive Alive het ‘n tenkwa wat gas vervoer het, in Railwaystraat, Boksburg, naby die OR Tambo-gedenkhospitaal, Gauteng, ontplof en drie of vier voertuie aan die brand gesteek.
Volgens ‘n inwoner wat 10 km weg was, kon hulle die ontploffing hoor en voel.
Owerhede is op die toneel en die publiek word gemaan om die area in Railway- en Hospitaalstrate te verlaat of te vermy.
Kyle van Reenen, woordvoerder vir Emer-G-Med, het kritieke en noodlottige beserings gerapporteer.
Verskeie skokkende en hartverskeurende video’s en foto’s in FiND iT se besit wys die liggame van ernstig of noodlottig beseerde persone wat rondlê.
Die nabygeleë hospitaal het ook skade opgedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



