Pa en seun herenig na hulle vermis raak tydens duik

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pa en seun wat geskei is en vermis was na hulle van ‘n boot af geduik het, is herenig nadat ‘n multidissiplinêre soekgeselskap na hulle gaan soek het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die NSRI Shelly Beach-diensbemanning is Woensdagmiddag uitgeroep nadat ‘n plaaslike boot in Ramsgate aangekom het en berig het dat twee duikers, ‘n plaaslike pa en seun, wat van die boot af geduik het, vermis is.

Dit was laas bekend dat hulle in die omgewing van sewe seemyl van Ramsgate af geduik het. Hulle het in hulle duikpakke en skubaduiktoerusting rondgedryf. Lambinon het verduidelik dat verskeie bote, seevaarders en maatskappye saamgewerk het om die pa en seun op te spoor.

Die pa is eerste gevind en die seun is later sewe seemyl van die kus van Palm Springs af gevind. Hy is sewe seemyl van waar hulle oorspronklik vermis geraak het.

“Hy is toe na die NSRI-reddingstuig oorgeplaas en na Port Edward geneem waar hy met sy pa herenig is,” het Lambinon gesê.

“NSRI het vir hulle verversings en ‘n bietjie behandeling vir dehidrasie, hipotermie en uitputting verskaf. Albei is in orde en benodig geen verdere hulp nie. Dit blyk dat hulle geskei is toe die seun probeer het om strand toe te swem,” het Lambinon gesê.

Bronne: IOL, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Seun voer afgeskeepte diere vir sy verjaarsdag