Rachel Kolisi het volgelinge laat swymel oor haar plasing op Instagram in tradisionele Xhosa-drag om die inisiasie van Siya Kolisi se broer te vier.
Rachel en Siya het Siya se halfbroer en -suster aangeneem: Liyema en sy suster Liphelo nadat hul ma in 2009 dood is.
Die broes en suster, wat soos eie kinders vir die Kolisi-egpaar geword het, woon by hulle sedert 2014. Die egpaar het ook twee biologiese kinders saam.
Rachel het ‘n foto van die gesin saam met Liyema geplaas nadat hy van sy inisiasie teruggekeer het. Sy het weer die hart van Mzansi verower met haar passie om die tradisionele aspekte van haar man se kultuur te omhels.
Die fotobyskrif is: “Halala!!!! Yabuya indodana, sho ta Yema! ” (wat beteken Liyema het nou ‘n man geword en teruggekeer van die bos/inisiasie).
Bronne: Cape Argus, VN Explorer, Instagram
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



