’n Seun (9) van Kaapstad het besluit om sy verjaarsdag te vier deur diere wat kos nodig het te help.
Dane Klein van Ocean View se trotse ma, Chelsea, het aan IOL vertel hoe haar seun, wat ’n groot diereliefhebber is, gevra het vir hondekos vir sy verjaarsdaggeskenk.
Hulle het vir hom ’n sokkertemapartytjie gereël op Saterdag en in die uitnodigings gevra vir hondekos en nie geskenke nie.
Woensdag het hulle en Dane kos aan verskeie honde gegee. Dane hoop om eendag ’n professionele sokkerspeler te word soos sy held Cristiano Ronaldo.
Bronne: IOL, 247News, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



