Twitter was in oproer na gebruikers die Real Housewives of Pretoria-ster, Melany Viljoen, beskuldig het van “blackcenting”. Viljoen het die aantygings ontken en gesê dis hoe sy natuurlik praat.
“Ek is Afrikaans, en ek het in ‘n nie-Amerikaanse (gewone self) stem gepraat. Ek was nie bewus van so ‘n centing-ding wat bestaan nie. Dis meer ’n Afrikaans-Engelse plattelandse soort manier. Dis hoe ek praat,” het Viljoen aan The South African gesê.
Blackcenting is wanneer ’n mens van ’n ander ras praat met ’n aksent wat hulle glo die ras gebruik.
Bronne: IOL, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Die Amazing Race van Kimberley – Brunettes Realtors



