’n Amerikaanse man het ses Lotto-kaartjies gekoop en dieselfde nommers op elke kaartjie gespeel, want sy intuïsie het vir hom gesê om dit te doen.
Soos die geluk dit wou hê, was Raymond Roberts se nommers die regtes, en was elkeen $390 000 werd as ‘n kontantprys. Roberts het gekies om ‘n enkelbedrag vir vyf van die kaartjies te neem – wat byna $2 miljoen in totaal was.
Vir die sesde kaartjie het hy die annuïteitsopsie gekies – wat beteken dat hy ook 20 jaarlikse betalings van $25 000 sal kry.
Die wennommers wat Roberts gekies het, was ‘n noukeurig saamgestelde kombinasie van verjaarsdae en herdenkingsdatums. Hy het dit op ander loterykaartjies gebruik, op ander dae, maar het toe niks gewen nie.
Bronne: BBC, The Mirror
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Olifant bestorm veldwagter in Kruger



