Gemmerkoekies – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie gemmerkoekieresep is perfek vir die feestyd.

Bestanddele:

6 koppies koekmeel
250 g margarien
2 koppies suiker
2 eetlepels gemmer
2 eiers
1 koppie gouestroop
3 teelepels koeksoda (aangemaak met 2 eetlepels melk)
¼ teelepel sout

Metode:

Klits margarien en suiker goed, voeg dan eiers by. Voeg stroop en gemmer by, dan koeksoda.
Sif meel by en meng goed.
Maak bolletjies en druk effens plat met jou duim in gesmeerde pan.
Bak @ 180 ºC tot gaar en bruin.

Bron: Food Lovers Recipes

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Dronk bestuurder verloor skadevergoedingsaak teen Tshwane-polisie