‘n Veldwagter is ernstig beseer nadat ‘n olifant by die Krugerwildtuin op hom afgestorm het.
Isaac Phaahla, SANParke-woordvoerder, sê voorlopige verslae dui daarop dat die beseerde veldwagter saam met sy kollegas op patrollie was toe ‘n broeitrop olifante die pad voor hulle oorgesteek het.
“Een van die olifante het teruggedraai en afgestorm op die veldwagter, wat daartoe gelei het dat hy ernstige beserings opgedoen het. Sy kollegas het daarin geslaag om hom te red deur ‘n waarskuwingskoot na die olifant te skiet, wat weggehardloop het. Hulle kon dadelik hulp ontbied.
“ ’n Helikopter met ’n dokter en ondersteuningspan aan boord het dadelik gereageer. Die beseerde veldwagter is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die naaste hospitaal vervoer vir verdere mediese aandag.”
Bronne: IOL, Roodepoort Record, The Citizen
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



