’n 51-jarige man wat gedreig het om die Kimberley-landdroshof met ‘n petrolbom op te blaas, gaan Kersdag agter tralies deurbring. Die man is op 15 Desember in hegtenis geneem en het vroeër die week in die hof verskyn op aanklagte van aanstigting van geweld teen die hooggeregshof in Kimberley.
Daar word beweer dat die verdagte ‘n dreigboodskap op sosiale media geplaas het van hom wat die hooggeregshof wil opblaas.
Die man sal na verwagting op 29 Desember om borgtog aansoek doen.
Bronne: IOL, DFA, Sunday World
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



