VIDEO: Jy kan nou vir Rooies betaal om saam jou skoonouers te ontmoet

Deel hierdie storie / Share this story

Is jy bang en skaam om jou toekomstige skoonouers te ontmoet of weet jy nie hoe om hulle te vra om met hul dogter of seun te trou nie? Vat vir pastoor Rooies Strauss saam!

Covid-19 was swaar op ons almal en almal probeer hier en daar ‘n ekstra geldjie maak. Daarom het Rooies besluit om ‘n besigheid te begin waar jy hom kan saamnooi na jou toekomstige ouers.

Al wat jy hoef te doen, is sy petrolgeld en sy bande per kilometer betaal.

Rooies het Woensdag ‘n video op sy Facebook-blad gedeel waarin hy sy nuwe besighied bekendstel. “Ek ry saam met jou en bemoedig jou en ek sal jou presies sê wat om te sê en wat nie.”

Rooies vertel ook hy werk nie vir onder R15 000 nie en daar moet ook ‘n braaivleisvuurtjie brand.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.