Altesaam 47 aasvoëls vergiftig in Zoeloeland

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 47 aasvoëls is Sondag in Zoeloeland vergiftig.

Ezemvelo KZN Wildlife en sy bewaringsvennoot, Wildlife ACT, het Woensdag in ‘n verklaring gesê 47 witrugaasvoëls en vyf bosarende is dood gevind.

Van die 47 karkasse wat gevind is, is 35 se koppe verwyder. Vyf lewende aasvoëls, wat nog nie aan die vergiftiging beswyk het nie, is gevind en na ‘n rehabilitasiefasiliteit geneem vir verdere behandeling.

Hulle het gesê ‘n kriminele saak is by die Suid-Afrikaanse polisiediens aanhangig gemaak.

Bronne: IOL, Jakaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Meer as 100 aasvoëls sterf na moontlike vergiftiging