Meer as 100 aasvoëls en ‘n hiëna is dood in die Kruger Nasionale Park nadat hulle aan ‘n buffelkarkas gevreet het wat vermoedelik vergiftig was.
Saam met die liggame van die aasvoëls en hiëna is nog 20 aasvoëls lewendig gevind, maar in ‘n slegte toestand. Die 20 aasvoëls is na ‘n rehabilitasiesentrum vir behandeling geneem.
SanParks het gesê die polisie is ingeroep om die saak te ondersoek en die liggame is verbrand om te keer dat nog diere vergiftig word.
Bronne: BBC, The Citizen, Jacaranda FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



