Dis amper Kersfees en wat is beter as ‘n bietjie koekstruif (trifle) op Kersdag?
Bestanddele:
1 sponskoek
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie groen jellie
1 blik karamel kondensmelk
1 pakkie kersies – en room
1 groot houer Ultramel-vla
1 groot blik gemengde vrugte
bietjie sjerrie
1 pakkie sprinkle neute
1 groot glasbak
Metode:
Sny sponskoek in stukkies en sprinkel sjerrie oor. Bedek met lagie vla. Gooi helfte van ingemaakte vrugte oor. Skep lepelsvol kondensmelk op.
Sny jellie in blokkies en skep helfte oor. Skep lepelsvol kondensmelk oor. Sprinkel gekapte neute oor. Skep nog ‘n laag vla, dan vrugte en jellie, oor. Skep ‘n dun lagie room bo-op en versier met kersies en neute.
Bron: Boerekos.com
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



