Kersliggies help seun met insameling vir diere

Deel hierdie storie / Share this story

Luhan Smit (10) wat in George bly, samel vir die tweede agtereenvolgende jaar kos en geld in, wat hy dan aan die diere-organisasie ODIN (Oudtshoorn Dogs In Need) gaan oorhandig.

In Januarie vanjaar kon hy ‘n ongelooflike 1.4 ton hondekos aan ODIN en die DBV skenk.

Mense wat na die Kersfeesliggies in Ribbokstraat, waar Luhan in George bly, gaan kyk, gee vrywillig wat hulle kan om hom in staat te stel om ODIN (Oudtshoorn Dogs in Need) op sy beurt te kan help.

Besoekers wat hierdie jaar die liggies besoek, kan donasies maak, sakke kos of selfs komberse skenk.

Kobus, Luhan se pa, sit sedert 2007 die liggies op. Luhan het die projek in Desember 2021 begin.

Sy aanvanklike mikpunt was om 1 ton hondekos in te samel, maar hy kon uiteindelik 1.4 ton hondekos aan ODIN en die DBV skenk. Hierdie jaar kan hy net vir ODIN insamel, omdat tyd beperk is.

Luhan voel dat ‘n donasie van 10 sent ook reg is.

Die projek sal tot 31 Desember duur, waarna die skenkings in Januarie 2023 oorhandig sal word.

Bron: George Herald

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.