Kapt. Danie de Jager verruil een keer per jaar sy verantwoordelike pos as die takbevelvoerder van die Wonderboompoort SAPD-speurtak vir dié van Kersvader.
Wanneer hy jaarliks die speurder-voorkoms na dié van Kersvader verander, is dit vir die polisie en-GPF se Wonderboompoort-Kersfeesprojek.
Wonderboompoort is ‘n klein area wat 16 vierkante km beslaan in die Moot van Pretoria in ‘n ou gevestigde gebied wat oorwegend Afrikaans is. Dit strek van die Witwatersberge in Capital Park, wat een van die eerste en oudste voorstede in Pretoria is, tot by die Magaliesberge in Wonderboom-Suid, en na weerskante tussen Es’kia Mphahlele-rylaan (voorheen DF Malanrylaan) en Johan Heynsstraat (voorheen Voortrekkersweg) se teeroppervlak.
Dis ook meer bekend as die polisiëringsarea waarin die pedofiel Gert van Rooyen en sy houvrou Joey Haarhoff van hul misdadige aktiwiteite bedryf het.
Die stasie is op 26 Desember 1981 met onder meer ‘n RPG 7-granaatlanseerder aangeval.
De Jager is ‘n ervare, geharde polisiespeurder wat al deel was van gespesialiseerde eenhede en ‘n trotse polisieman wat sy gemeenskap met trots dien.
Hy het weereens hierdie jaar sy gemeenskapslede spesiaal laat voel toe hy as Kersvader die strate van Wonderboompoort-polisiëringsarea ingevaar het met ‘n rooi trok en ‘n vrag lekkernye.
“Die projek se doel is om gedurende die feestyd aan die gemeenskap terug te gee.”
Die Wonderboompoort-polisielede wat aan die projek deelgeneem het, was vergesel van verteenwoordigers van die GPF en EMS, saam met ander rolspelers.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



