Twee meisies, onderskeidelik 5 en 9 jaar oud, is gisteraand by ‘n huis in Meadowstraat, Miederpark, Potchefstroom deur twee honde gebyt.
Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê paramedici het om ongeveer 19:30 op die toneel aangekom waar Mooirvier Beskerming reeds teenwoordig was en hulle geneem het na waar hulle die twee meisies in die huis aangetref het.
Die vyfjarige het bytwonde aan haar gesig en die negejarige bytwonde aan haar bene en onderlyf opgedoen.
Die meisies is op die toneel behandel en van pynmedikasie voorsien, alvorens hulle na die Potchefstroom- provinsiale hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nie bekend nie, maar ondersoek word ingestel.
Christiaan Haefele, besigheidsbestuurder van Mooirivier Beskerming, sê met hul aankoms op die toneel het die eienaar van die honde hul reeds van kant gemaak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



