Beefmaster – Gammon vir Kersfees

Deel hierdie storie / Share this story

BESTANDDELE

  • 1,7 kg gammon
  • 1 liter Ginger Ale
  • 1 ui
  • 3 wortels
  • 3 lourierblare
  • 6 peperkorrels
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 125 ml bruinsuiker
  • naeltjies

METODE

  • Sny die ui en wortel grof in ‘n kastrol.
  • Voeg die peperkorrels, lourierblaar en Ginger Ale by die wortels en ui.
  • Plaas jou gammon in die kastrol en kook vir elke 500 g jou vleis vir 30 minute ( my 1,7 kg het vir 90 min. gekook).
  • Laat die vleis afkoel in die vloeistof.
  • Sny nou die dik vel los van die vet met ‘n skerp messie.
  • Sny die vet in diamante.
  • Druk ‘n naeltjie in elke diamant.
  • Meng 125 ml bruinsuiker, 125 ml appelkooskonfyt en 10 ml mosterd saam.
  • Smeer dit ruim oor die vleis.
  • Plaas die gammon terug in die oond op 180 grade Celsius vir om en by 30 minute of totdat jou gammon mooi bruin is van die bedruipsel  – jy kan dit selfs n bietjie onder die roosterelement sit.

Kry jou vleis vir Kersdag by Beefmaster. Besoek Beefmaster by Carlsteinstraat 2-6, Kimberley of skakel hulle by 053 441 9168 of WhatsApp 071 354 9476.

*ADVERTENSIE

Lees ook; Jy kan jou vleis aanlyn bestel by Beefmaster