Twee kinders en vrou dood, dertien beseer in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Drie persone, waaronder ‘n eenjarige, is dood, in ‘n ongeluk wat Donderdagoggend om ongeveer 08:30 op die N14, Knoppieslaagtestraat, Centurion, Pretoria plaasgevind het. Dertien persone is beseer.

Emer-G-Med paramedici het op die toneel reageer waar hulle met chaos begroet is. ‘n Dubbelkajuit-bakkie het op sy dak, oor die breedte van die pad gelê, met sy raam wat gebuig was.

‘n Triage-area was op die toneel aangebring, waarna paramedici ‘n totaal van dertien insittendes van die voertuig behandel het wat van geringe tot noodlottige beserings opgedoen het.

Drie van die insittendes was met die aankoms van paramedici op die toneel dood verklaar, waarvan ‘n baba (1), seun (12) en ‘n vrou (24) was. In totaal was daar 16 insittendes in die ongeluk betrokke.

Nog twee babas is in ‘n kritieke toestand gevind en gevorderde lewensondersteunende intervensie is op hulle toegepas om hulle te stabiliseer alvorens hulle per helikopter na spesialis- mediese fasiliteite geneem is.

Nog elf beseerdes is behandel en op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.