‘n Vrou (28) is vermoor en nog een beseer in ‘n huis in Loeriepark, George, in ‘n beweerde voorval van gesinsgeweld op Woensdag 21 Desember.
Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê polisielede het om ongeveer 02:00 reageer na die toneel waar hulle die oorledene met veelvuldige beserings gevind het.
Volgens Spies het die oorledene en ‘n man na bewering ‘n argument gehad waartydens hy haar met ‘n panga aangerand het. Sy het veelvuldige beserings opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Nog ‘n slagoffer wat glo tussenbeide probeer tree het, is in die voorval beseer en is vir nodige mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Die vermeende verdagte (24) is op die toneel in hegtenis geneem en sal vandag 23 Desember in die hof verskyn.
Die motief vir die moord maak deel van die ondersoek uit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



