‘n Ma en dogter is glo gisteroggend deur hul tuinier in Durban-Noord aangeval.
KZN VIP Medics en Sekuritetsdienste het op die toneel reageer. ‘n Ma is gewurg en die dogter geslaan waarna die tuinier glo met verskeie items weggekom het.
Die ma en dogter wat beserings opgedoen het, is op die toneel behandel en daarna na ‘n hospitaal geneem.
KZN VIP Medics het inwoners gewaarsku om versigtig te wees as hulle iemand in diens neem.
FiND iT het om polisiekommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



