FiND iT het op 17 Desember berig oor drie persone wat gedood en 17 wat beseer is nadat hulle die betrokke Saterdagmiddag, by die Bay of Plenty in KwaZulu-Natal, deur ‘n fratsgolf getref en meegesleur is.
Nomusa Dube-Ncube, die premier van KwaZulu-Natal. het na die insident wat lewensverlies en beserings tot gevolg het vir ‘n volle ondersoek gevra.
Volgens ‘n verklaring van die eThekwini-munisipaliteit het ‘n totaal van 35 lewensredders gehelp met die reddingspoging terwyl paramedici meer as 100 mense versorg het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



