Kenneth Kleinhans (21) van Alberton het op 9 Desember drie persone na hewige reënval en oorstromings uit die Kliprivierspruit gered.
Mandy Kleinhans, Kenneth se ma, het om ongeveer 19:00 ‘n oproep ontvang van kliënte wat dringende hulp nodig gehad het omdat hulle met hul voertuig in vloedwaters vasgekeer was. Kenneth en sy ma het dadelik gery om hulp te verleen.
Op die toneel by die Kliprivierspruit, tussen Waterstone College High School en Eye of Africa het hul eers probeer om met Kenneth se bakkie te help, maar die afstand tussen die twee voertuie was te groot.
Ekstra hulp is ingeroep en ‘n persoon met ‘n all-terrain truck het opgedaag, waarna Kenneth in die water gespring het met die tow-line om by die vrou en haar 15-jarige seun binne-in die Toyota Fortuner uit te kom en te help. Daarna het hy vir Shaun Currie, wat ook daar naby op sy voertuig se dak vir hulp gewag het, te hulp gesnel.
Kenneth word as ‘n held beskou nadat hy die drie persone se lewens gered het.
Bedankings van die betrokkenes lees soos volg:
“Dear Mandy. Words & Gifts cannot express how appreciated my family & I are for your assistance on Friday evening. You & Kenneth’s support & assistance went above & beyond. THANK YOU. This is a small token of my appreciation. Hope you can spoil yourself.”
“Kenneth. Thank you for your braveness. My family & I are very grateful. You are a hero.”
Bron: Alberton Record en Facebook bladsye van Kenneth en Mandy Kleinhans
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



