Cuan Young, ‘n paramedikus van Netcare911, het onlangs die voorreg gehad om ‘n kleuter-pasiënt te ontmoet wat hy en sy kollegas vanuit die dood teruggebring het.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare911, sê die 4-jarige seun het verdrink en was reeds vir langer as 10 minute in ‘n swembad in Lynnwood, Pretoria, toe Young en sy kollegas op die toneel aangekom het. Suksesvolle resussitasie is op die kleuter gedoen, waarna ‘n pols teruggekry is.
Die kleuter is na Unitas Netcare911 Pediatriese ICU-eenheid in Centurion geneem waar hy mediese behandeling ontvang.
Young het gesê: “Daar is geen groter mag wat aan ons gegee, as om die dood terug te bring na die lewe nie, veral wanneer dit ‘n kind is. Hierdie klein kampioen gaan ten volle herstel nadat hy verdrink het en onder was vir 10 minute. Spanwerk en volharding is die sleutel.”
Young het spesiaal vir sy jong pasiënt ‘n sagte speelding in sy hospitaalbed geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



