Voorsitter van ANC-vroueliga van KZN verongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Nkosikhona Mdlalose, die KwaZulu-Natalse ANC-vroueliga-voorsitter in die Mzala Nxumalo-streek, het in ‘n motorongeluk gesterf op pad huis toe van die party se nasionale konferensie in Johannesburg.

Ntokozo Nxumalo, ANC-streeksekretaris, het die voorval bevestig wat Dinsdagaand buite eMkhondo (Piet Retief) plaasgevind het.

Volgens Nxumalo is Mdlalose saam met die streeklid Mpendulo Khumalo oorlede. Nog ’n lid is ernstig beseer in die kop-aan-kop-botsing.

Bronne: Times LIVE, The Citizen

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Irannees dood na hy Iran se verlies in wêreldbeker vier