FiND iT het op 25 September berig oor Dylan Lourens (22) van Klerksdorp wat op ‘n waglys vir ‘n dringende nieroorplanting is.
Dylan sou reeds ‘n nier ontvang het, toe die inperkings plaasvind en alles moes wag.
In ‘n emosionele gesprek het Johann Lourens, Dylan se pa, vertel hoe sy hart gaan staan het en daar twintig minute lank gesukkel was om hom terug te kry.
Lourens het intussen aan FiND iT gesê dat dit “maar nog dieselfde gaan.”
Dit blyk asof Dylan te siek of te moeg is om sy kant te bring en vir Johann raak dit al hoe moeiliker om kop bo water te hou met sy seun wat steeds in die hospitaal is, aangesien sy inkomste maar minimaal is.
Johann wag vir die dokters om in Januarie 2023 na hom terug te kom oor Dylan se siektetoestand terwyl hy steeds wag vir sy nier.
Indien enigiemand vir Johann in hierdie Kerstyd kan bystaan, kan hy by 062 821 7356 gekontak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



