‘n Rob is Woensdagoggend in Jake’s Gerwel-rylaan, by Klipfonteinweg, gesien waar hy oor die pad gehardloop het.
Die pad is deur verskeie wetstoepassingsdienste beveilig terwyl daar vir die DBV-wildeenheid gewag is.
Volgens Kaapstadse burgemeesterskomiteelid, JP Smith, sal die rob vir waarneming gestuur word en dan weer in sy natuurlike omgewing vrygelaat word.
Die geheimsinnige omstandighede van sy teenwoordigheid sal deur die DBV ondersoek word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



