FiND iT het vanoggend kontak gemaak met “Ulie” Ulrike Koch se vriendin wat bevestig het daar is geen nuwe leidrade sedert sy ongeveer drie weke gelede vermoedelik ontvoer is nie.
“Daar is soveel stories in omgang, wat nie altyd geglo moet word nie, maar sy is steeds weg en ons hoop dat sy spoedig gevind sal word.”
Die vriendin en haar man bevestig ook dat die saak van vermis na ontvoer verander is nadat haar bankrekening steeds aktief was nadat sy aanvanklik eers as vermis aangemeld was.
Hier is FiND iT se aanvanklike berig:
Ulrike Koch (80) het op Woensdag 30 November in The Orchards, Pretoria-Noord, vermis geraak.
Sy is by Akasia-polisiestasie as vermis aangemeld, maar die saak is na ontvoering verander.
Koch is Afrikaans en Duits magtig. Haar hare is grys en haar regteroog is weens kanker verwyder. Sy is ongeveer 1.5 m lank en het ‘n chirurgiese letsel op haar arm.
Konst. Lindiwe Mabasa, polisiewoordvoerder, sê die saak is van vermis na ontvoer verander nadat daar ontdek is dat haar bankrekening steeds aktief is sedert sy vermis geraak het.
Volgens ‘n buurvrou het hulle op die betrokke dag kruideniersware gaan koop en sy het saam met Koch in haar huis ingeloop voordat sy na haar eie huis is.
Haar suster van Johannesburg het haar glo die aand gebel en sy was blykbaar te moeg om met haar te praat. Haar suster het vir twee agtereenvolgende dae gebel en het geen antwoord gekry nie.
‘n Famielievriend het ondersoek ingestel en het die kruideniersware oor die grond gestrooi gekry, maar daar was geen teken van Koch nie. Tydens ondersoek is gevind dat haar selfoon, huissleutels en bankkaarte weg is.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind kan met die volgende persone in kontak kom:
S.sers. Malatji – Akasia SAPD: 082 335 1278
Elsa: 083 258 9535
Hannalien: 076 236 3509
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



