Konst. Mlungisi Blessing Sikhakane (27), die polisieman wat glo op 13 Oktober sy twee vriendinne met wie hy terselfdertyd in ‘n verhouding was, by ‘n huis in Mandela Park Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet en die toneel verander het, het in Westville-gevangenis gesterf.
Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Westville-polisiestasie ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer het nadat ‘n man op 17 Desember dood in sy sel aangetref is.
Hy is in hegtenis geneem vir die twee moorde op Sithembile Ngobese (23) en Enhle Majozi (18) wat beide van Kwa Nyuswa naby Hillcrest was.
Hy was as polisielid gestasioneer by Hillcrest-polisiestasie en het verlede maand sy borgtogaansoek laat vaar, maar het intussen aangedui dat hy weer aansoek sou doen. Die saak was tot 19 Januarie 2023 uitgestel om ‘n formele borgtogaansoek te bring.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir Korrektiewe Dienste, het bevestig dat Nxumalo selfdood gepleeg het.
Hy het glo selfdood gepleeg deur homself in sy sel te hang.
FiND iT het voorheen so berig:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



